EDUCATIO TRUST
MISSIE:
OM FINANSIËLE ONAFHANKLIKHEID TE
VERSEKER VIR DIE HOËRSKOOL RANDBURG DEUR GENERERING VAN INKOMSTE UIT
ALTERNATIEWE BRONNE SODAT UITNEMENDHEID IN ‘N VERANDERENDE
OPVOEDINGSITUASIE STEEDS BEREIK KAN WORD
DOELSTELLINGS
Om ‘n noodhulpfonds vir die Hoërskool
Randburg te skep sodat:
*
krisisse in die onderwys hanteer kan word
*
akademiese standaarde hoog gehou kan word
*
sleutelpersoneel getrek en behou kan word.
* akademie,
kultuur en sport op so ‘n manier aangebied word dat voldoende
geleenthede vir ontwikkeling van vaardigheidsvlakke op al drie terreine
realiseer.
BESKRYWING
VAN AL DIE VERSKILLENDE PROJEKTE VAN DIE EDUCATIO TRUST
Die Trust beoog om spesifieke projekte daar te stel wat, indien dit
suksesvol geïmplementeer word, bogenoemde doelstellings kan laat
realiseer. Elke projek besit
‘n eie identiteit en teikengroep. Daar
bestaan vyf projekte nl:
Klub Springbok (Skenkings)
Klub Protea (Rentevrye lening)
Besigheidsklub:
Klub Kiewiet
Klub Loerie
Klub Arend
Klub Oud Randjies
Ererol projek
1
KLUB SPRINGBOK (Skenkingsprojek)
Bedrag:
Minimum bedrag van R2000-00 per jaar (‘n bedrag van R5 000
verskaf drie jaar lidmaatskap)
Voordele:
*
donateur verkry ‘n belastingvoordeel omdat die geld aan
‘n opvoedkundige Trust geskenk word.
Natuurlike persoon en maatskappye kan tot 5% van belasbare inkomste
aftrek;
*
gratis toegang vir kaarthouer en metgesel na enige bona-fide
skoolaktiwiteit op voorwaarde dat bespreking ten minste 1 week vooruit
geskied.
2
KLUB PROTEA (RENTEVRYE LENINGSPROJEK)
Bedrag:
R1 000-00 per jaar vir kind se skoolloopbaan met afbetalingsopsies
(bv. Graad 8 – R5 000-00, Graad 10 – R3 000-00 ens.)
Tydperk:
totdat kind skool verlaat
Voordele:
*
ouer kry sy geld terug indien die kind die skool verlaat;
*
gratis toegang vir kaarthouer en metgesel na enige bona-fide
skoolaktiwiteit op voorwaarde dat bespreking ten minste 1 week vooruit
geskied.
3
BESIGHEIDSKLUB
Die besigheidsklub word in drie
ordegroottes aangebied en die potensiële kliënt besluit self aan watter
een van die drie deelgeneem word:
3.1
KLUB KIEWIET
Bedrag:
R5000-00
Tydperk:
twee jaar
Voordele:
* die
plasing, vir ‘n periode van twee jaar, van een advertensiebord op die skoolterrein in ‘n sirkel rondom die
sportstadion in goeie sig van potensiële kliënte. Die bord se afmetings ten opsigte van hierdie skema is 2.4m
X 1.2m en die
plasing geskied op ‘n gepaste plek.
Die finale besluit oor die plasing van die bord berus egter by die
skool. Die advertensiebord
sal eenvormig wees en deur die Trust volgens die voorskrifte voorsien
word;
* beduidende belastingvoordeel
aan besigheid omdat die uitgawe ‘n bemarkingsuitgawe is wat ten volle
aftrekbaar is van belasbare inkomste;
* die plasing van een
advertensie per kwartaal in Randjienuus deur kaarthouer;
3.2
KLUB LOERIE
Bedrag:
R10 000-00
Tydperk:
twee jaar
Voordele:
* die plasing, vir ‘n periode van twee
jaar, van een advertensiebord
op die skoolterrein langs die palisade heining wat aan Hans Strijdom
rylaan grens. Die bord se afmetings ten opsigte van hierdie skema is 3m
X 1.25m. Die
finale besluit oor die plasing van die bord berus egter by die skool.
Die advertensiebord sal eenvormig wees en deur die Trust volgens
die voorskrifte voorsien word;
* beduidende belastingvoordeel
aan besigheid omdat die uitgawe ‘n bemarkingsuitgawe is wat ten volle
aftrekbaar is van sy belasbare inkomste;
* die plasing van een
advertensie per maand
in Randjienuus deur kaarthouer;
3.3
KLUB AREND
Bedrag:
R50 000-00 per jaar vir vyf jaar (R250 000 in totaal)
Tydperk:
vyf jaar
Voordele:
* beduidende
belastingvoordeel
aan besigheid omdat die uitgawe ‘n bemarkingsuitgawe is wat ten volle
aftrekbaar is van sy belasbare inkomste;
* vernoeming van
een van die skool se akademiese studierigtings/fasiliteite na die donateur
bv. die Sanlam Blok i.p.v. A-Blok of die Adidas Sportgronde;
* die plasing, vir die kontrakperiode,
van een advertensiebord op die skoolterrein. Die bord se afmetings ten opsigte van hierdie skema is nie
groter as 5m X 6m
nie. Die finale besluit oor
die plasing van die bord berus egter by die skool.
Die advertensiebord sal eenvormig wees en deur die kaarthouer
volgens die voorskrifte voorsien word;
* die plasing van een
advertensie per maand
in Randjienuus deur belegger; en
* belegger kan by geleentheid die
skool toespreek en sal toegelaat word om per geleentheid pamflette
deur die skool te laat versprei.
4
KLUB OUD RANDJIES
Bedrag:
Die donateur besluit self oor
enige van die volgende opsies:
* ‘n
minimum van R25-00 per maand
deur middel van debietorder, ‘n jaarlikse bedrag wat deur die donateur
bepaal word of ‘n eenmalige skenking
Tydperk:
Laat in diskresie van die kaarthouer
Voordele
* die
kaarthouers het toegang tot databasis vir die reël van reünies of enige ander redes;
* oud Randjies
hou tred met skool en sy prestasies;
* belastingvoordeel aan donateur omdat geld aan opvoedkundige trust
geskenk word. Natuurlike
persone kan tot 5% en maatskappye tot 5% van hul belasbare inkomste aftrek;
*
die uitbouing van ‘n ryke
tradisie
vir so ‘n prominente skool in Johannesburg;
*
die skool het goeie
rekord van
wat met al sy afgestudeerdes gebeur.
5
EREROL PROJEK
Dit gebeur soms, veral in tradisieryke skole, dat
persone wat te sterwe kom in hul testamente voorsiening maak vir eenmalige
skenkings uit hul boedels aan hul alma mater.
Die Ererol skema is ‘n poging om mense bewus te
maak van sulke optrede en beoog om skenkers se name op ‘n ererol te
plaas. Daar sal dus ‘n
databasis opgebou word van sulke skenkers en hul name sal op ‘n paslike,
waardige wyse op ‘n uitgesoekte plek in die skool aangebring word om
sodoende hul nagedagtenis te respekteer.
Geen bedrag word hier vir
skenkings gespesifiseer nie en geen registrasie vind plaas nie. Die Trust sal bloot ‘n pamflet in die verband versprei en
die databasis administreer.