TENNIS
Die skool beskik oor goeie tennisspanne. Baie van die spelers kry
professionele afrigting en dit dra ongetwyfeld by tot die goeie uitslae.
Ons is bevoorreg met privaat geriewe wat met die bestes vergelyk. Die liga
waarin gespeel word, hang af van die vorige jaar se uitslae. Beide die
seuns en dogters het tans vier spanne. Die dogters speel tydens die eerste
kwartaal tenniswedstryde op Dinsdae middae. Tydens die derde en vierde
kwartaal neem net die Graad 8 en 9-dogters aan 'n liga deel. Die seuns
neem die eerste , derde en vierde kwartaal aan hulle liga deel en speel
Maandae en Vrydae hulle wedstryde.
Die dogters neem ook deel aan 'n Interhoër Seniors en Juniors.
Daar word ook beplan aan 'n Interhoër vir die seuns.