|
TAFELTENNIS
Tafeltennis is die afgelope vyf jaar in volle swang by die skool.
Gedurende die derde kwartaal is Dinsdae en Donderdae ligadae. Maandae het
ons die dienste van 'n professionele afrigter vanaf 17:00 tot 18:00. Ander
oefentye is Dinsdae vanaf 14:30 tot 15:30, indien daar nie wedstryde
gespeel word nie. Ons spelers kan ook provinsiaal deelneem. Tafeltennis is
'n heerlike sosiale sport en ten spyte van strawwe kompetisie is daar vir
almal plek op die leer. |