SWEM
Hoërskool Randburg se swemspan verbeter jaarliks. Trouens, ons het
binne sewe jaar vanaf die G-liga na die B-liga gevorder. Die skool beskik
oor die goedtoegeruste swembad en het vanjaar weer die Interhoër Gala
(liga) gewen. Tydens die Prestige Gala, waar ons teen die A-liga
deelgeneem het, het ons 3 goue, 14 silwer en 16 brons medaljes verower.
Die skool het vanjaar 6 Suid-Gauteng swemmers opgelewer. Danelle Jacobs
is in die 50m vlinderslag eerste in SA geplaas en Anelet Jacobs is
aangewys as kaptein vir die Suid-Gauteng Span vir die jaar 2000. Die skool
beplan om aanstaande jaar 'n waterpolospan op die been te bring. Leerlinge
neem deel aan lewensredding en tweekamp op 'n klubbasis en kry volle
erkenning daarvoor. Ons sien met verwagting uit na volgende jaar.