SKYFSKIET
Hoërskool Randburg het die afgelope paar jaar heelwat skuts opgelewer
wat Suid-Afrika in die "Protea" kleure en op provinsialevlak
teenwoordig het. Hierdie is 'n prestasie wat baie oefening,
deursettingvermoë, konsentrasie en selfdissepline vereis.
Ons beoog om in die toekoms hierdie standaard te behou. Skuts wat al
die "Protea" kleure verwerf het is: Jaco Henn, Talita Roets en
Peet Steyn.
Hoërskool Randburg verower die afgelope paar jaar die trofeë as
algehele wenners. Die senior- en juniordogters wen albei hull afdelings en
palm ook sodoende die trofeë vir die skool in.
Dina-Mari Minnaar, 'n belowende senior dogter van Hoërskool Randburg,
verower haar "SANSU"kleure nadat sy vir die 5de agtereenvolgende
jaar G.S.S.U. op die Suid Afrikaanse Kleingeweer Kampioenskap
verteenwoordig het. Dona-Mari is 'n skut wat met trots trofeë inryg met
haar deursettingsvermoë.