Free Web Site - Free Web Space and Site Hosting - Web Hosting - Internet Store and Ecommerce Solution Provider - High Speed Internet
Search the Web


 

"Terug na Sport"

SKAAK

Randburg is een van die sterkste skaakskole in die Gauteng Skaakunie. Dit spreek ondermeer uit die feit dat 9 van die 25 spelers wat in 2000 Noordwesrandkleure verwerf het Randjies is. Elf leerlinge is uitgenooi om aan die Gauteng-proewe deel te neem!

Die skool het die Direkteurstrofee al vier keer gewen en is die laaste aantal jare telkens 'n finalis in die Koningstrofee (wat in die plek van die Direkteurstrofee gekom het). Die skool het ook 'n roemryke geskiedenis van nasionale kampioene en Dewald Niemandt, die huidige SA onder 14 kampioen, is ook 'n leerling.

Nicolas van der Natt, die SA geslote skaakkampioen en een van die SA se beste afrigters, rig ons skaakspan af.

Skaak word aktief en profesioneel bestuur en leerlinge kry geleentheid om aan verskeie toernooie en liga's deel te neem.

As jy iets van die beste skuiwe verstaan, is daar net een wenopening - na Randburg Hoërskool.