LANDLOOP
Die distrikte kampioenskap, wat bestaan uit Suidelike Sentraal en
Noordelike skole, het bestaan uit 53 skole. Die senior meisies het in
hierdie kampioenskap 'n algehele vyfde plek behaal. Twaalf van ons
leerlinge is genooi om aan die individuele kampioenskap deel te neem.
Hierdie kampioenskap vind plaas tussen 53 skole wat strek vanaf Mondeor
High en Bracken High in Alberton, tot Boys High in Pretoria.
Ons landloop gaan van krag tot krag. In die Noord-Gauteng liga wat 22
skole huisves, behaal ons spanne onderskeidelik die volgende algehele
plekke:Junior Seuns - tweede, Junior Meisies - derde, Senior Seuns -
sewende, Senior Meisies - tweede.
Hiermme kwalifiseer twee van ons spanne, nl. Junior Seuns en Senior
Meisies, om deur te gaan na die Gauteng Kampioenskap.
Individuele leerlinge word op grond van hul prestasies ook toegelaat
tot hierdie kapioenskap.