KRIEKET
Die krag van die skool se krieketspelers is alombekend. Die skool is
bevoorreg om 'n afrigter soos mnr Piet Otto te hê asook
besienswaardighede fasiliteite. Die skool is een van die min Afrikaanse
skole wat gereeld Cravenspelers oplewer: die afgelope twee seisoene was
geen uitsondering nie: 2 spelers in die o/18A-span, een in die B-span wat
ook die kaptein was, een speler in die o/17A-span en een o/15 speler. Met
trots kan ons ook sê dat Marthinus Otto vir die S.A.-Skolespan gekies is.
Die eerste span presteer uitstekend , deur die eerste
Afrikaanssprekende skool wat in die John Waite finaal speel. Voorwaar 'n
uitstekende prestasie.
Ranburg is een van vier skole in Gauteng wat 'n borgskap ontvang het
van MTN vir impak gemaak op Gautengse skolekrieket. Die ander drie skole
hetsy privaatskole of seunskole.