Aanhaling uit die feeskoerant:
Liewe Heksie prikkel lagspiere
HAAI ooe! Liewe Heksie doen dit weer. Met haar lawwe opmerkings en
punthoed oor die oë laat sy die gehoor skaterlag.
'n Piekniek in Blommeland is gereël en sy wil haar Grondvoël
vriende teen die giftige Pers Heks beskerm, maar dit is moeilik as niemand
haar stories wil glo nie.
Hierdie opvoering met Karla van Straaten, Elani Engelbrecht en ander
jong leerlinge uit Randburg is voorwaar puik en doen wondere vir die
lagspiere.