|
Hier op die Goudstadse rante |
|
Waar ons Vaders het gebou, |
|
Staan 'n skool waar ons werk en strewe |
|
om ons erf'nis te behou. |
|
Werk vir die bou van karakter |
|
om slaggereed te wees, |
|
werk met 'n doel voor oë |
|
en 'n sterk gesonde gees. |
|
|
|
Ons bid u Allerhoogste |
|
ons in U hand te dra, |
|
versterk ons Heer en Meester |
|
om te doen wat U ons vra. |
|
Ons wil ons skool se vaandel |
|
omhoog met eerbied hou, |
|
aan Randburg Alma Mater |
|
jou beloof ons ewig trou. |
|
|
|
Woorde en Musiek : M Tredoux |