Algemene Skooldissipline
Met die oog op die ordelike verloop van skoolaktiwiteite
word vaste reëls met betrekking tot skooldrag, netheid, hare,
pligsversuim, rokers, stokkiesdraaiers, stiptelikheid, swak gedrag,
klaswisseling en die meer neergelê.
Ons verwag dat leerling hulle by die reëls sal hou en
daar word streng teen optreders opgetree. Binne hierdie struktuur van
dissipline word 'n rustige studie atmosfeer geskep wat leerling aanspoor
om hulle potensiaal te ontwikkel, asook leierseieskappe en selfdissipline
te bevorder.
Netheid
Ons verwag dat leerlinge tel alle tye netjies sal wees op
hulle persoon, kleredrag en skoolwerk. Geen juwele of grimering word
toegelaat nie.
Hare : Seuns : Geen
bakkebaard en snorre nie. Die hare mag nie die kraag raak nie en moet
opgesny word. Die ore is oop en die hare is opgesny en uitgedun om die
boskasie-effek te vermy. Voor kan die hare tot in die middel van die
voorkop strek. Verder moet die hare skoon en gekam wees. Geen vreemde
style is aanvaarbaar.
Hare : Dogters : Lang hare
moetvasgemaak wees in vlegsels of bolletjies. Hare mag nie in die oë hang
nie.
Skooltye
Verlaat van skoolterrein
Leerlinge mag slegs die skoolterrein verlaat met
skriftelike toestemming van die hoof. Doktersafsprake moet liewers vir die
middag gereël word.
Afwesigheid
Geen laatkommery word geduld nie. Laatkommers moet eers by
die kantoor aanmeld om 'n briefie te kry.
Indien 'n leerling afwesig was, moet sy ouers 'n
afwesigheidsbriefie die eerste dag van terugkoms saamstuur.
Afwesigheid tydens eksamen moet met 'n mediese sertifikaat
bevestig word.
Skooleiendom