Ontstaan van die Skool
Hoërskool Randburg is geopen op 17 Januarie 1966. Die
skool het eers bekend gestaan as Hoërskool Ferndale. Die skool het begin
met 161 standerd 6-leerlinge en 8 onderwysers. Mnr J A van Zyl was die
eerste hoof.
Op 25 Februarie 1966 word die eerste beheerraad van die skool verkies,
en op 28 Februarie 1966 word die skool se naam verander na Hoërskool
Randburg. Die skoolgebou was toe nog nie voltooi nie en tussen die
werksmense se gewoel is daar toe kermis gehou en R2 000-00
ingesamel. Op 16 Junie 1967 word die nuutontwerpde skoolwapen,
ontwerp deur dr C Pama, bekend gestel. Die jare het verbygerol en intussen
het Hoërskool Randburg redes begin inoes om sy bors uit te stoot. Grepe
uit die skool se geskedenis toon onvergeetlike oomblikke, hoogtepunte wat
oud-leerlinge met nostalgie onthou. Prestasies is behaal, waagstukke is
ingegaan, fondes is ingesamel.
Mnr VanZyl is oorlede en opgevolg deur mnr C P van Aard wat later deur
mnr J J de Wet opgevolg is. Mnr M J Potgieter was van Augustus 1987 tot 31
Augustus 1990 hoof. Mnr J B Grobler was hoof vanaf Januarie 1991 tot
Januarie 2000. Tans is mnr P Booysen die hoof.
Hoërskool Randburg is slaggereed vir 'n nuwe bedeling in die onderwys.
Ons is reeds besig om op verskeie terreine te beplan want die behoud van
ons huidige standaarde is vir ons ononderhandelbaar. Die skool is trots op
die uitmuntende akademiese prestasies wat oor die jare deur sy
matriekleerling gelewer is, ongeag watter eksamen geskryf is.