Free Web Site - Free Web Space and Site Hosting - Web Hosting - Internet Store and Ecommerce Solution Provider - High Speed Internet
Search the Web

Erekode
Home Up Hoof Kwartaalprogram Akademie Sosiaal & Kultuur Sport Algemene Inligting Personeel RandjieNuus Bedankings

 

Terug na "In Perspektief"

AS LEERLING VAN HOËRSKOOL RANDBURG ONDERNEEM EK OM...
Al my talente sodanig aan te wend dat ek die God mag eer wat dit aan my toebetrou het, in die volle vertroue dat Hy beheer oor elke mens, skool, volk en land.
Getrou te wees aan die skool waarin ek opgeneem is.
Respek te betoon aan die Hoof, Personeel en leerlinge aan hierdie skool waarmee ek in aanraking kom.
Respek af te dwing met my houding teenoor andere.
Vriendelik, hulpvaardig en opreg te wees teenoor almal met wie ek in aanraking kom.
Slegs my beste te lewer in elke aktiwiteit waarmee ek besig is, en waarin ek my skool verteenwoordig.
Erkenning te geen aan diegene wat hom/haar op 'n besonderse wyse onderskei.
Vergewensgesind wees teenoor persone wat my te na gekom het.
Hulpvaardig te wees teenoor minderbevoorregtes en hulpbehoewendes.
Eerlik en opreg te wees teenoor my meerderes, gelykes en minderes.
My te weerhou van enigiets wat my medemens kan kwets, skaad of verkleineer.
Getrou te wees teenoor die volk, kerk en gemeenskap waartoe ek geroep  is, om sodoende 'n volwaardige burger te word van die land en volk waaraan ek behoort.
Om altyd te streef na reinheid ten opsigte van my persoon, werk en gedagtes, sodat ek deel kan voel van 'n opgevoede gemeenskap.