Free Web Site - Free Web Space and Site Hosting - Web Hosting - Internet Store and Ecommerce Solution Provider - High Speed Internet
Search the Web

Doelstellings
Home Up Hoof Kwartaalprogram Akademie Sosiaal & Kultuur Sport Algemene Inligting Personeel RandjieNuus Bedankings

 

Terug na "In Perspektief"

Doelstellings

Ons sorg dat alle leerlinge van ons skool eerstens die nodige AKADEMIESE KENNIS sal ontvang. Ons spog met 'n bekwame personeel vir wie hierdie saak 'n hoë prioriteit is. Tweedens word hulle gelei en opgevoed tot volwaardige burgers van ons land wat geestelik, sowel as fisies weerbaar sal wees teen die aanslae van buite. Ons poog dus om 'n goed gebalanseerde, bruikbare individu vir die samelewing voor te berei.  In die jongste jare het die skool op velerlei terreine die hoogste louere ingeoes. Derhalwe is daar ruim geleentheid vir elke leerling om tot sy volle potensiaal te ontwikkel.

Ons glo in streng DISSIPLINE, want dit bevorder die opvoeding van al ons leerlinge. Dit is ons beleid om met die kerk saam te werk om sodoende die leerlinge se CHRISTELIKE OPVOEDING te verseker. Leraars van kerke in ons omgewing neem gereeld die openingsbeurt waar. Ons beskik oor 'n lewendige COKE-aksie waar u kind hom/haar ten volle deel kan voel.

Ons maak voorsiening vir KULTURELE AKTIWITEITE: Debat, spraakgilde, kore, musiek, kunswedstryd, redenaarskompetisies, toneel, skoolkoerant (K'Randjie), die musieksentrum, kabaret en kunsuitstallings.

Om 'n gebalanseerde individu te wees is dit ook nodig om aan 'n sportsoort deel te neem. Daarom word daar geleentheid gebied om aan 'n groot verskeidenheid sportsoorte deel te neem.