Free Web Site - Free Web Space and Site Hosting - Web Hosting - Internet Store and Ecommerce Solution Provider - High Speed Internet
Search the Web

In Perspektief
Home Hoof In Perspektief Kwartaalprogram Akademie Sosiaal & Kultuur Sport Algemene Inligting Personeel RandjieNuus Bedankings

 

Leerlingraad 2001
Missie
Erekode
Doelstellings
Ontstaan
Skoolwapen
Skoolkleure
Dragregulasies
Skooldissipline
Skoollied
Ons stel Hoërskool Randburg aan U voor...
Die grootste Afrikaansmeduim skool in die Noordelike voorstede van Johannesburg.
Puik personeelkorps - addisionele onderwysers aangestel deur die beheerliggaam om klasgroottes te beperk.
Handhaaf hoë akademiese standaarde en skryf vanaf 2001 die Gauteng matriekeindeksamen.
Meer as 23 vakkeuses o.a.
Hotelskool met eie restaurant
Rekenaarwetenskap - met eie sentrums
Onafhanklike musiekskool met eie ouditoruim
Elektronika
Ses verskillende tale
Professionele sportafrigting deur bekende suksesvolle sportafrigters. Meer as 12 verskillende sportsoorte om van te kies.
Kultuur - noem dit en ons het dit.
Die befaamde Hoërskool Randburg koor o.l.v. Dana de Waal
Redenaarskompetisies
Kabaret
Revue / "Musical"
Die skool bied uitstaande waarde vir geld in vergelyking met privaatskole.

Die skool begin in 1965 met 161 leerders. Vandag is daar net oor 'n duisend ingeskrewe leerders. Dit is 'n gevestigde skool met 'n trotse prestasierekord deur sy skoliere en oudleerders.

Hoërskool Randburg streef na akademiese uitnemendheid. Hoë standaarde is ononderhandelbaar. 'n Aantal onderwysers is in diens van die Beheerliggaam om akademiese standaarde te verseker en klasgroottes te beperk. Die Skool is trots op die uitmuntende akademiese prestasie wat oor die jare deur sy matriekleerlinge gelewer is ongeag watter eksamen geskryf is. Hoërskool Randburg glo in die skoolmodel met sy driehoek van akademie, sport en kultuur ten einde die geleentheid vir elke leerder te bied om gebalanseerd tot sy volle potensiaal te ontwikkel.

Ons is bekend vir ons sportprestasies en verskeie van ons leerders presteer jaarliks op nasionale en provinsiale vlak. Toegewyde personeel en buite-afrigters verseker dat die skool 'n wye verskeidenheid sportgeleenthede aan elke leerder bied. Die skool het 'n ryk kultuurlewe en deelname vind plaas oor 'n wye spektrum. Uitstaande prestasies word behaal in koor, spraakgilde en redenaars deelname. Veral ons koor is gewild en blink uit waar hulle ookal optree. Ons in bevoorreg dat die koor tans onder die leiding staan van Dana de Waal, koorleier van die Randburgse Mannekoor. 

Ten slotte spog die skool sedert Maart 2000 met 'n nuwe hoof, mnr Pieter Booysen.